Wednesday 4 October 2017

BESSIE VERFRISSER



BESSIE VERFRISSER
Genoeg vir 2
100 g bloubessies
100 g aarbeie, in kwarte gesny
10 g kruisementblare
1 liter pienk limonade / bosbessiesap (cranberry juice)
METODE:
Plaas bloubessies, aarbeie en helfte van die kruisementblare in ’n leë ysbakkie. Vul met water en vries oornag vir vrugte-ysblokkies. Gooi die limonade of sap en die res van die kruisementblare in ’n beker met jou vrugte-ysblokkies.