Wednesday, 27 September 2017
Sitrusblokkies
Sitrusblokkies
Maak 20 blokkies
Bestanddele
1 x 397 g-blik kondensmelk
250 g botter
250 ml suiker
15 ml Moir’s-suurlemoengeursel
5 ml Moir’s-vanieljegeursel
2 x 200 g-pakkies brosbroodkoekies, fyngemaak
2 x 100 g-pakkies Moir’s- gedroogde klapper
1 x 100 g-boksie Moir’s- gemengde sitrusskil
Vir die bolaag
625 ml versiersuiker, gesif
15 to 30 ml suurlemoensap
Vir versiering
gerasperde suurlemoen-, lemoen- en lemmetjieskil gemeng met gekapte laventelblomme en strooisuiker
Metode
1. Smelt die kondensmelk, botter en suiker saam oor matige hitte en voeg dan die geursels by.
2. Voeg die koekies, klapper en gemengde skil by en meng.
3. Spuit ’n 25 x 30 cm-bak of bakplaat met kleefwerende kossproei en druk die mengsel daarin. Laat afkoel.
4. Voeg die suurlemoenslap bietjies-bietjies by die versiersuiker en smeer bo-op.
5. Sodra dit geset het, sny in blokkies en sprinkel die gerasperde-sitrusskil-en-laventelmengsel bo-oor.
Variasie
Voeg 50 g gekapte Safari-amandels en 50 g gekapte Safari-appekose by in plaas van 100 g van Moir‘s se gemengde sitrusskil.