Samoosa vulsels
GROENTEVULSEL...
(genoeg vir
ongeveer 15 samoesas)
2 e kookolie
4 sprietuie, fyn gekap
60 g gemengde spriete (boontjie, uie, beet of ander)
2 stingels seldery met blare,
in fyn repies gesny
4 medium wortels, in fyn repies gesny
½ klein koolkop, in fyn repies gesny
½ t komyn
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Maak die olie warm in ’n pan. Gooi al die groente by en soteer 5 minute.
Geur met sout en peper.
KERRIEVULSEL:
(genoeg vir ongeveer 30 samoesas)
2 t kerriepoeier
2 t garam masala
1 t borrie
1 t komyn
½ t koljander
1 t gemaalde, droë rissie
¾ t kaneel
2 e kookolie
1 ui, fyn gekap
1 e fyn gekapte vars gemmer
3 e fyn gekapte vars seldery
2 e fyn gekapte vars wortel
2 lourierblare
1 knoffelhuise, fyn gekap
750 g maalvleis of fyn hoender
1 groen soetrissie, fyn gekap
1/3 k fyn gekapte droë appelkose
2 t asyn
sout na smaak
Meng die kerrie, masala, borrie, komyn, koljander, rissies en kaneel goed saam.
Maak die olie in ’n pan warm en gooi speserymengsel by.
Roer vinnig vir 30 sekondes. Gooi ui by en soteer paar minute. Gooi res van
bestanddele by. Braai vir 3-5 minute.
Geur met sout.
Die vulsel is effens droog en krummelrig sodat die kors nie nat en pap word nie.
Verminder die hitte en prut vir 15 minute
MAALVLEIS VULSEL:
500g maalvleis
30ml gesmelte botter
2 uie fyn gekap
1groen brand rissie
5ml sout
5ml gemmer
1 knoffelhuisie
1klein bossie koljander blare fyn gekap pietersielie
1/2 t Masala
Maak jou vleis die aand voor jy dit gaan maak ek het ook hoender en groente vulsel as daar iemand is wat wil he
POTATO FILLING:
6 potatoes, cut in small pieces
2 tbsps oil
2 tbs dhania powder
2 tbs jeera
1 tbs mustard seeds
1 tsp turmeric
Red chilli or green depending on your taste
Fresh coriander for after
Method:
Fry mustard seeds in oil till they stop spluttering
Add potatoes, salt and spices and fry potatoes until they have taken on some colour
Add water and cook till potatoes are soft and mashed (you can mash them for easier filling)
Add coriander when cooled.
SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS
(maak 3 – 4 )
½ k koekmeel
½ k bruismeel...
¼ k karringmelk
¼ k groente-olie
¼ t sout
Meng al die bestanddele saam totdat dit ’n deeg vorm en knie 5 minute.
Laat rus 15 minute.
Maak 3 of 4 balletjies ongeveer so groot soos ’n gholfbal. Sit op meelbestrooide oppervlak.
Druk die deeg plat en rol dan met roller tot baie dun en ongeveer 5 cm wyd en 25 cm tot 30 cm lank.
Sny die kante reguit. Sit die vulsel op ’n hoek en vou in driehoekies toe soos hiernaas met die filodeeg.
Bak 15 tot 20 minute in voorverhitte oond teen 200°C in ’n gesmeerde oondpan.
(maak 3 – 4 )
½ k koekmeel
½ k bruismeel...
¼ k karringmelk
¼ k groente-olie
¼ t sout
Meng al die bestanddele saam totdat dit ’n deeg vorm en knie 5 minute.
Laat rus 15 minute.
Maak 3 of 4 balletjies ongeveer so groot soos ’n gholfbal. Sit op meelbestrooide oppervlak.
Druk die deeg plat en rol dan met roller tot baie dun en ongeveer 5 cm wyd en 25 cm tot 30 cm lank.
Sny die kante reguit. Sit die vulsel op ’n hoek en vou in driehoekies toe soos hiernaas met die filodeeg.
Bak 15 tot 20 minute in voorverhitte oond teen 200°C in ’n gesmeerde oondpan.