Tuesday 19 September 2017

Pynappel Tert




Pynappel Tert
Kors
2 1/2 koppies tennis krummels
1/2 koppie margarien

Middel - laag
2 koppies versiersuiker
1/2 koppie margarien
1/2 koppie roomkaas of 2 eiers

Bolaag
1 koppie geklitse room
1 groot blik pynappel

Smelt margarien en kombineer die eerste bestandele vir die dik kors
Druk 2/3 mengsel stewig in pan en bak teen 180 C vir 10 minute.

Wanneer kors afgekoel, klits die roomkaas of eiers en die
versiersuiker en margarien saam.
Smeer die mengsel bo-oor

Klits room goed styf en roer fyn pynappel in liggies in .skep bo-oor en sprinkel orige beskuitjie krummels oor.
Plaas in yskas oornag om te set