Tuesday 19 September 2017

Alles-in-een-ontbyt-pakkie



Alles-in-een-ontbyt-pakkie
Genoeg vir 1
Bestanddele:
•2 e (30 ml) Clover Mooi River-botter...
•2 e (30 ml) olyfolie
•4 sampioene, in kwarte gesny
•3 sprietuie, gekap
•5 kersietamaties, in kwarte gesny

•2 repies spek, bros gebraai en gekap
•3 eiers
•1 e (15 ml) Clover- vars room
•sout en varsgemaalde swartpeper
•1 tortilla
Metode:
1.Verhit die helfte van die botter en olie oor matige hitte in ʼn pan en soteer die sampioene vir 3 minute. Voeg die sprietuie en tamaties by en roerbraai nog 2 minute.
2.Skep in ʼn bakkie en roer die spek by. Hou eenkant. Klits die eiers, room, sout en peper saam. Verhit die res van die botter en olie in die pan en giet die eiermengsel daarin.
3.Laat 2 minute gaar word en roer van die rand van die pan na binne totdat die eiermengsel net gestol is.
4.Verwyder van die hitte en roer die sampioenmengsel by. Verhit die tortilla volgens die aanwysings op die verpakking en skep die eiermengsel daarin. Vou netjies toe en sit dadelik voor.