Thursday 7 September 2017

MIELIE MAALVLEIS RING



MIELIE MAALVLEIS RING
1 ui fyngekap
olie
500 gram maalvleis...
sout en peper
75 ml tamatiepuree
3 ekstra groot eiers
1 blik roomsoort suikermielies

200 ml koekmeelblom
250 ml mieliemeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
50 gram botter gesmelt
250 ml melk
1. Bespuit 'n 23 cm ringpan goed met spray n cook.
2. Soteer die ui in 'n klein bietjie olie tot sag en deurskynend.
3. Roer die maalvleis by en braai tot gaar. Geur met sout en swartpeper en voeg die tamatiepuree by.
4. Prut ongeveer 10 minute lank. Giet die maalvleis-mengsel in die gesmeerde ringpan en hou eenkant.
5. Klits 2 van eiers en meng met die suikermielies. Giet bo-oor die maalvleismengsel in die pan.
6. Sif koekmeelblom, mieliemeel, bakpoeier en sout saam.
7. Klits die gesmelte botter, orige eier en melk saam en voeg bietjies bietjies by die meelmengsel.
8. Meng goed en skep bo-op die suikermielies. Bak 30 - 40 minute lank by 180°C.
9. Laat afkoel en keer uit op 'n bord met die maalvleismengsel na bo.
Rangskik klein tamaties of tamatiewiggies in die middel van die ring.