Monday 18 September 2017

KERRIE-VRUGTESLAAI



KERRIE-VRUGTESLAAI
30ml botter of margarien
5 uie, geskil en in ringe gesny
10ml kerriepoeier...
5ml borrie
knippie sout
10ml mielieblom
7ml mostertpoeier

130ml asyn
40ml bruinsuiker
60ml appelkooskonfyt
60ml water
100ml sultanas
2 piesangs, geskil en in skyfies gesny
1 x 410g blik perskeskywe, gedreineer
1 x 440g blik pynappelstukke, gedreineer
½ koppie blaarslaai, gewas en in stukke gebreek
Smelt die botter/margarien en soteer die uiem kerrie en borrie daarin to sag. Meng res van die bestanddele, behalwe vrugte en voeg by uiemengsel. Prut sous sowat 3 minute lank tot gaar en dik. Laat afkoel. Roer piesangm perskes en pynappel in. Rangskik slaaiblare in 'n slaaibak en skep slaai bo-op.