Geroosterde vis in bottersous
Dit lewer 6-8 porsies.
Bestanddele
...
Dit lewer 6-8 porsies.
Bestanddele
...
Vis
2 heel visfilette
30 mF knoffelpasta
15 mF visspeserye
15 mF growwe swartpeper
15 mF groen blatjang
5 mF heelkorrelmosterd
30 mF vars suurlemoensap, behou die skil
30 mF vars lemoensap, hou die skil
60 mF gekapte vars dille
sout na smaak
Bottersous
100 mF botter of margarien
30 mF kookolie
60 mF lemoensap
skil van 1 lemoen
skil van 1 suurlemoen
5 mF varsgemaalde swartpeper
4 heel knoffelhuisies, fyn gedruk
60 mF gekapte vars dille
3 rooi brandrissies, gekap sout na smaak
Metode
Maak eers bottersous. Plaas bestanddele in klein kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en prut vir 5-7 minute tot geurig. Verwyder van hitte.
Verhit oond tot 150 °C.
Spuit groot vel aluminiumfoelie met kleefwerende sproei en plaas op oondplaat.
Berei nou vis. Meng knoffel, speserye, mosterd, sitrusskil en kruie en smeer oor vis.
Giet van bottersous op foelie. Plaas vis daarop en giet res van sous oor vis.
Vou foelie losweg om vis en verseël goed om pakkie te vorm.
Bak vir 35-45 minute.
Verwyder vis uit oond en maak pakkie versigtig bo oop.
Doop deegkwassie in sous wat versamel het en smeer oor die vis.
Stel oondrooster op matige hitte. Vou foelie oop, met die rand netjies na onder gevou. Plaas vis vir 5-7 minute onder rooster. Wees versigtig dat vis nie brand nie.
Bediening
Sit voor saam met korsterige brood en groenslaai.