Thursday 7 September 2017

Chutney Kerrie Hoender



Chutney Kerrie Hoender
6-8 stukke hoender duie
2 blokkies hoender aftreksel
4-6 aartappels, geskil en inkwarte gesny
1-2 uie, gekap
15ml Pakco kerrie paste
15ml fyn knoffel
5ml kerrie poeier
3-5 eetlepels perske blatjang
30ml asyn
1 1/2 eetlepels suiker

Metode:
1. Kook die hoender tot gaar in 500ml kookwater waar die aftreksel in opgelos is.
2. Wanneer die hoender aper gaar is, voeg die aartappels by.
3. Meng al die sous bestanddele saam,
4. braai die uie tot gaar, voeg die sous by, braai vir paar sekondes tot die sous in die uie intrek.
5. voeg by die hoender, voeg water by indien nodig, tot sous vorm.
6. Prut op baie lae hitte tot die sous begin dik word. hou dp dat hoender en aartappels nie stukkend kook nie.
Bedien saam rys