Thursday 7 September 2017

BLOMKOOL-en-KAAS WAFELS



BLOMKOOL-en-KAAS WAFELS
100 g rou, gerysde blomkool
100 g mozzarella kaas, gerasper
35 g parmessaan kaas, gerasper
25 g uie, fyn gerasper
2 eiers
5 ml knoffel sout
2,5 ml peper

Verhit 'n wafel maker. Meng al die bestanddele goed saam in 'n mengbak. Spuit die wafel maker met kleefwerende middel of verf liggies met olie. Skep ongeveer 1/4 koppie van die beslag op 'n slag uit en plaas in die wafel maker. Braai vir ongeveer 6 minute tot gaar en bros - indien die wafel aan die pan vaskleef, braai dit vir 'n minuut ekstra tot dit makliker verwyder kan word. Bedien dadelik.
Lewer 6 Wafels