Tuesday 29 August 2017

Vinnige aandete



Vinnige aandete
3 eiers, geskei
1 blik (390 g) Prima Weense worsies
1 blik (340 g) heelpit mielies
250 ml kaas, gerasper...
500 ml vars broodkrummels

Witsous
45 ml botter botter
45 ml koekmeel
500 ml louwarm melk
sout en rooipeper na smaak
Stel oond op 180°C en smeer ‘n vuurvaste bak van 180 mm x 300 mm.
Klits eiergele en voeg die eerste vier bestanddele by. Hou eenkant. Maak nou die witsous. Smelt die botter in ‘n swaarboom- kastrol en roer die koekmeel met ‘n draadklopper by. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy steeds klop. Geur na smaak. Voeg die witsous by die eier-worsie-mengsel. Klits die eierwitte styf en vou liggies in. Giet in voorbereide bak en bak sowat 20 – 30 minute.
Lewer ses tot agt ruim porsies.