Tuesday 29 August 2017

Noedelgereg



Noedelgereg - Vinnig en lekker.
500 g maalvleis
1 groot ui, fyn gekap
250 g ontbytspek
1 blik (420 ml) geroomde suikermielies...
500 ml gaar noedels
1 blik (425 g) tamatieroomsop
sout en peper na smaak
500 ml gerasperde cheddarkaas

Stel oond op 180°C. Smeer ‘n tertbak van 180 mm x 300 mm.
Braai vleis en ui in ‘n pan en voeg spek by. Braai nog ‘n bietjie tot ui sag en vleis gaar is. Voeg die suikermielies, noedels en sop by en geur. Skep in voorbereide bak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorbereide oond tot kaas gesmelt is.
Wenk: Jy kan die kaas met die helfte verminder en dus net 250 ml gebruik.
Vou dan eers dié kaas in die mengsel en sprinkel dan ‘n halwe ring fetakaas (gekrummel en gemeng met bietjie vars broodkrummels) bo-oor.
Voeg gerus ook bietjie vars gekapte pietersielie by vir ekstra geur en kleur.