Tuesday 22 August 2017

Sampioen, botterskorsie en feta omelet



Sampioen, botterskorsie en feta omelet

Bestanddele...

1 k (250ml) botterskorsie, in blokkies gesny
2 e (30 ml) olie
Sout en swartpeper na smaak
2 e (30 ml) botter
1 k (250ml) sampioene

1 knoffel huisie, fyn gekap
Handvol roosmaryn en tiemie, fyn gekap
6 eiers, geskei
½ k (125 ml) fetakaas

Metode

Voorverhit oond tot 200°C.
Plaas die botterskorsie op ‘n bakplaat en sprinkel met olie.
Geur met sout en swartpeper en rooster in die oond vir 12-15 minute tot goudbruin en gaar.
Verhit ‘n braaipan met 1 eetlepel botter en braai die sampioene, knoffel en kruie vir 5 minute tot gaar.
Verwyder uit die braaipan en hou eenkant.
Klits die eiergele effens met ‘n vurk.
Klits die eierwitte tot sagte punt stadium en vou by die eiergele in.
Vee die braaipan skoon en verhit met 1 eetlepel botter.
Giet die eiermengsel daarin en roer totdat die bodem begin stol en laat vir 5 minute braai.

Om te bedien:
Vul die omelet met botterskorsie, sampioene en fetakaas. Sny in skywe en bedien met roketblare en balsemiekasyn.