Tuesday 22 August 2017

Popeye se sampioen



Popeye se sampioen
Bestanddele

4 groot sampioene...
1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies
olie en botter
600 g baba spinasieblare
sout en peper
250 ml suurroom*
broodkrummels
parmesan kaas

*of natuurlike joghurt


Metode

Sit oond op 180 grade.
Breek die stingels af van sampioene.
Maak fyn, en braai saam met ui in botter en olie.
Voeg knoffel by.
Voeg spinasie by, roer dit, en die spinasie sal sag raak, en verminder in die pan.
Voeg sout en peper by en proe of dit genoeg is.
Voeg suurroom by.
Verf die rou sampioene met olie.
Plaas in oondbak.
Vul die sampioene met die uiemengsel.
Strooi broodkrummels en parmesan kaas oor.
Bak vir 20 minute.