Tuesday 22 August 2017

Frittata



Frittata
Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 10 minute...
Gaarmaaktyd: 30 minute

2 groot aartappels, in kwarte gesny
250 g spek, gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap

25 g botter
6 sprietuie, fyn gekap
6 eiers
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
sout en peper

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die aartappels 20 minute in soutwater of tot dit heeltemal gaar is. Dreineer en laat dit afkoel voor jy dit in blokkies sny.

2. Maak ’n kleefvrye braaipan warm, ongeveer 20 cm in deursnee. Braai die spek tot dit goudkleurig is; laat die ekstra vet afdrup. Voeg die botter, gekapte aartappels en die helfte van die sprietuie by. Braai ’n paar minute oor lae hitte.

3. Klits die eiers en voeg die kaas, sout en peper by. Gooi die eiermengsel oor die spek en aartappels. Roer ’n paar minute liggies in die pan en laat die tortilla oor ’n lae hitte gaar word tot dit set en daar nog ’n bietjie ongebakte eier bo is.

4. Sprinkel die ekstra uie en kaas bo-op en plaas in die oond tot die boonste deel gaar is en die kaas gesmelt het. Sny die tortilla in pizzasnye vir voorsit.