Tuesday 22 August 2017

COWBOY-STYL BEESVLEISBREDIE



COWBOY-STYL BEESVLEISBREDIE

Genoeg vir: 4 – 6...
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 2½ uur

*sonneblomolie vir braai *800g ontbeende stowebeesvleis, in blokkies gesny *1 groot ui, gekap *2 knoffelhuisies, fyngedruk *2 selderystele, in skyfies gesny *1 soetrissie, ontpit en in blokkies gesny *15 ml koekmeel *1 blik gekapte tamaties *20ml beesekstrak (Bovril)
*15ml worcestershiresous *2 lourierblare *300ml beesaftreksel *1 raap, geskil en in blokkies gesny *2 wortels, in blokkies gesny *1 blik rooi niertjiebone *50ml fyngekapte vars koljanderblare *1 rooi brandrissie, pitte verwyder (opsioneel) *korserige brood, om voor te sit

1. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die vleis in sarsies bruin oor hoë hitte. Skep die vleis elke keer uit en hou dit eenkant.
2. Voeg nog olie by en soteer die ui vir 10 minute oor lae hitte. Voeg die knoffel, seldery en soetrissie by en soteer dit vir nog 5 minute.
3. Roer die meel by. Skep die blokkies vleis terug in die kastrol en voeg die tamatie, beesekstrak, worcestersous en lourierblare by. Voeg genoeg van die aftreksel by om die vleis te bedek en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek die bredie eers met ‘n stuk waspapier en dan die deksel, en laat dit vir 2 uur stadig prut.
4. Voeg die orige aftreksel en die raap, wortels en niertjiebone by. Sit die deksel op en laat dit vir nog 30 minute prut of tot alles sag is. Roer die koljanderblare by en geur dit na smaak. Sprinkel die brandrissie bo-oor. Bedien vuurwarm met lekker vars brood.