Speserysterre
Maak 70 koekies
Al die geure van Kersfees in een koekie. Die gouestroop maak die koekies effens taai maar lekker!
125 ml (½ k) botter
60 ml (¼ k) melk
10 ml (2 t) koeksoda
60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena)
750 ml (3 k) koekmeel
10 ml (2 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) fyn kardemom (opsioneel)
5 ml (1 t) fyn gemmer
300 g (3 blokke) donkersjokolade om die koekies in te doop
1 Verhit die botter, melk en gouestroop in ’n groot pan oor matige hitte tot die botter gesmelt is en die bestanddele
goed gemeng. Meng die koeksoda by.
2 Sif die mielieblom, koekmeel en al die speserye saam. Gooi die bottermengsel geleidelik daarby. Bedek met
kleefplastiek en laat staan vir 1½ uur.
3 Voorverhit die oond tot 180 °C.
4 Verdeel die deeg in kwarte en rol ’n kwart op ’n slag op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 1 cm dik.
5 Druk met ’n 6 cm-sterretjie-koekiedrukker sterretjies uit die deeg.
6 Bak vir 12-15 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
7 Smelt die sjokolade in ’n diep mikrogolfvaste bak in die mikrogolf op die ontvriesstelling. Doop die helfte van die koekies in die sjokolade en laat op bakpapier set.