Sanet se ‘Generaal Meer’
Sanet se ‘Generaal Meer’ is ’n kruising tussen ons geliefde Hertzoggie en S’more, die Amerikaanse kampvuur-genot van geroosterde malvalekkers en sjokolade tussen twee koekies.
|
Bestanddele
Malvalekkers
- 30 ml gelatienpoeier
- 125 ml water (koud)
- 415 g strooisuiker
- 125 ml kookwater
- 250 ml klapper (gerooster)
- 125 ml gedroogde appelkoosrol (in blokkies gesny)
- versiersuiker (vir strooi)
Appelkoospoeier
- 125 ml droë appelkose (kliphard gevries oornag)
Appelkoosvulsel
- 340 ml droë appelkose
- 250 ml water
- 250 ml suiker
- 10 ml suurlemoensap
- 2,5 ml amandel-ekstrak
- 125 ml room
Instruksies
Broskors
- Meng meel, sout en bakpoeier in ’n voedselverwerker. Voeg botter by en meng tot dit lyk soos fyn broodkrummels. Voeg eier en water by en pols tot die deeg saamkom.
- Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny deeg in 6.
- Spuit losboompannetjies van 5 cm x 10 cm en voer dit uit met deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Sny rante af.
- Voorverhit oond tot 180˚C. Bak die kors blind vir ± 12 minute tot goudbruin en laat afkoel.
Malvalekkers
- Voer ’n 20 x 35 x 3 cm pan uit met bakpapier.
- In ’n mengbak van ’n staanmenger, week die gelatien in koue water. Plaas oor dubbelkoker en smelt.
- Voeg strooisuiker en kookwater by gelatien en klop op hoë spoed vir 8 minute met draadhak. Vou klapper en appelkoos by en gooi malvalekkermengsel in die voorbereide pan.
- Verkoel in yskas tot gestol en sif versiersuiker bo-oor. Sny in langwerpige blokke van 9 cm x 2.5 cm en verbruin die kante met ’n blaasvlam.
Appelkoospoeier
- Plaas gevriesde appelkose in voedselverwerker en maak fyn tot poeier.
Appelkoosvulsel
- Kook appelkose, water en suiker in ’n medium-kastrol oor matige hitte tot die appelkose sag is. Laat afkoel vir sowat 30 minute.
- Plaas appelkose, suurlemoensap, amandel en room in voedselverwerker en pols tot ’n fyn puree.
Sit aanmekaar
- Spuit die appelkoosvulsel in die gebakte tertdoppe met ’n spuitsak.
- Plaas die malvalekker-reghoeke bo-op die appelkoosvulsel en giet donkersjokolade bo-oor die S’mores.
- Versier met klapperskaafsels, appelkoospoeier en sjokoladeskerwe.