Metode Meng die meel, sout en olie in 'n mengbak. Maak 'n holte in die middel, en voeg die eiers een vir een by. Vou die meel van die kant af in. Knie die deeg tot 'n balletjie. Bedek en bêre in die yskas vir 'n halfuur. Spoel die hoenderlewer skoon in 'n vergiettes. Sprinkel die spesery oor en hou eenkant. Smoor die uie en knoffel tot sag in 'n pan. Voeg die sampioene by. Voeg die tamatie by en laat dit vir 'n rukkie prut. Voeg die lewer by en laat vir sowat 10 minute prut. Rol die deeg lank uit soos 'n dik boerewors, en sny in gelyke dele. Rol een van die dele dun uit. Bedek die ander dele met 'n klam doek. Rol die uitgerolde deeg weer in 'n worsvorm, en sny van die kant af in sentimeter snysels. Skud die pasta uit, en bestrooi met meel in 'n ander bak. Plaas die pasta in kookwater met sout. Sodra die pasta na die oppervlak kom, is dit gaar. (minder as 2 minute) Haal dit uit en gooi die sous oor. |