Jonathan se Koos De La Fonte
In ’n episode van Kampkos het Johnathan van die Oos-Rand gewys hoe om sy Koos De La Fonte voor te berei. Kry sy resep hier:
Bestanddele
- boerewors
- roketblare (Jonathan noem dit “pyle”
- brie-kaas
- rooiuie
- brandewyn
- broodrolletjies
- botter
Instruksies
- Braai die wors totdat dit gaar is. Braai dan ook die uie in ’n pan met ’n bietjie botter of olie.
- Voeg die brandewyn by en kook die helfte daarvan weg saam met die uie totdat die uie glaserig en deurskynend is.
- Sny die broodrolletjies en rooster dit vinnig op die vuur voordat jy dit met die botter smeer.
- Pak dan die rolletjie soos jy daarvan hou met die uie, wors, roketblare en skywe brie.