Corli se oliebolle
|
Bestanddele
Kondensmelk-vlavulsel
- 500 ml melk (volroom)
- 30 ml botter (gesout)
- 385 g kondensmelk (een blik)
- 1 groot eier
- 45 ml mielieblom
- 5 ml vanieljegeursel
Aarbei-en-room-vulsel
- 2 k bessies (vars of gevries)
- ½ k strooisuiker
- 2 k dubbelroom (of klitsroom)
- 1 k versiersuiker (gesif)
- 226 g mascarpone (of roomkaas)
- 1 t vanielje-ekstrak
Koninklike versiersel
- 500 ml versiersuiker
- 100 ml melk
- vanielje-ekstrak Dit is ook beter om gesmelte sjokelade te gebruik (smelt dit dus net in glasbak oor pot met water)
Instruksies
Oliebolle
- Los gis op in bietjie water en gooi ’n knippie suiker daarby. Laat staan vir 5 minute. Voeg dan die res van die louwarm water, melk, suiker, sout, eiers, botter en 2 koppies meel by.
- Meng op lae spoed vir 30 sekondes, skraap bak heeltyd aan kante. Meng op medium spoed vir 2 minute, krap bak per geleentheid.
- Roer res van meel by en meng met die deeghoek vir ten minste 6-8 minute.
- Bedek met kleefplastiek en laat dit rys vir 50 minute. (Die deeg is gereed wanneer jy jou vinger daarop druk en die merk op deeg bly so).
- Gooi deeg op meelbestrooide werksoppervlak.
- Rol liggies tot bietjie dunner en strooi meel bo-oor.
- Maak gedrukte oliebolle met kleefplastiek toe, en laat weer rys, tot dubbel die grootte.
- Diepbraai die oliebolle vir een minuut aan elke kant.
Kondensmelk-vlavulsel
- Verhit die melk, botter en kondensmelk saam in kastrol op die stoof oor matige hitte tot die botter gesmelt is.
- Klop die eier, mielieblom en vanieljegeursel in ’n bak en terwyl jy klop, giet ’n bietjie warm melkmengsel by die eiermengsel.
- Giet die melk-en-eier-mengsel terug in die kastrol en verhit oor matige hitte op die stoof terwyl jy dit ongeveer 3 minute lank aanhou roer, of tot die mengsel verdik.
- Sodra die mengsel begin kook, verwyder van hitte.
- Giet die stywe mengsel in ’n bak, plaas kleefplastiek oor die oppervlak om te verhoed dat dit ’n velletjie vorm en sit in yskas.
Aarbei-en-room-vulsel
- Gooi gevriesde of vars vrugte, suiker in pot.
- Kook tot als sag is en amper ‘n stroop vorm, laat afkoel.
- Klits room tot styf, of mascarpone en voeg versiersuiker by.
- Gooi aarbei-kompot by die room.
Sit bymekaar
- Neem oliebolle en spuit in een helfte van vulsel in eerste helfte en dan tweede vulsel in oorblywende oliebolle.
- Gebruik versiersel om oliebolle in te doop, en laat koud word en stol.
- Neem die koninklike versiersel en plaas in spuitsak met dun punt en spuit verskillende patrone van jou keuse bo-op oliebolle.