Banting-kruiefrikkadelgebak
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 25 min
Gaarmaak: 25 min
800 g lams- of beesmaalvleis
2 eiers
’n hand vol vars koljander, gekap
15 ml (1 e) gemengde droë kruie
10 ml (2 t) fyn komyn
5 ml (1 t) strooisuiker
80 ml (⅓ k) balsemieke glasuur glaze
sout en peper
30 ml (2 e) olyfolie
4 knoffelhuisies, in dun skywe gesny
3 rooi brandrissies, gehalveer
15 ml (1 e) tamatiepasta
1 blik (400 g) tamatiepuree
500 ml (2 k) gerasperde mozzarellakaas
geroosterde groente vir voorsit
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die maalvleis, eiers, koljander, droë kruie, komyn, suiker, balsemieke glasuur glaze, sout en peper in ’n bak. Maak seker die bestanddele is goed gemeng. Rol 2 eetlepels op ’n slag met nat hande in frikadelle.
- Verhit die helfte van die olie ’n groot braaipan oor hoë hitte. Braai die frikadelle in sarsies terwyl jy dit gereeld omdraai 5 minute of tot verbruin. Verplaas na ’n oondvaste bak en sit eenkant.
- Verhit die oorblywende olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die knoffel by en braai 1 minuut. Voeg die brandrissies, tamatiepasta, tamatiespuree, sout en peper by en roer tot gemeng. Bring tot kookpunt en laat prut 5 minute.
- Giet die sous oor die frikadelle in die bak en bedek met die kaas. Bak 10 minute of tot goudkleurig bo-op. Sit voor saam met die geroosterde groente.