Thursday, 4 February 2016

Souttertjies




Souttertjies

200ml Uie, fyngekap
250g spek en/of ham stukkies, gemeng.

240ml Margarien
650ml Meel
2L Melk
4 ½ k kaas, gerasper
40ml Pietersielie
20ml Sout
8 Eiers
10ml Mosterdpoeier
Gaar tertdoppies - sien onder vir resep (of jy kan gekoopte doppies gebruik)

Braai spek en ham blokkies tot bros.
Maak witsous van ander bestanddele, en meng met vleis mengsel.
Skep in doppies * en bak vir ongeveer 30 min by 180°C.

* Die rou mengsel  en die gaar tert doppies kan afsonderlik gevries word.  Ontdooi teen kamer temperatuur, vul en bak.
   Jy kan dit ook in muffinpannetjies skep en bak, of selfs in 'n groter tertbak.

Brosdeeg vir doppies
6k meel
1t sout
1t kremetart
500g margarien

Vryf margarien in die droë bestanddele in.

250ml yswater
50ml asyn

Meng met droë bestandele.
Bak in klein muffin pannetjies op 180°C tot gaar.