Wednesday, 28 October 2015

GEBLANSJEERDE GROENTE MET BEURRE BLANC



GEBLANSJEERDE GROENTE MET BEURRE BLANC

900g vars groente soos aspersies, groenbone en blomkool

Plaas groente (elke soort apart) in liggies gesoute, kokende water...
Laat kook vir 4 tot 5 minute
(Groente kan ook gestoom word)
Dreineer en plaas in yswater vir 30 sekondes
Dreineer en droog met kombuisdoek

Rangskik op opdienbord

Beurre Blanc:

2 sallotte, gekap
240ml witwyn
60ml suurlemoensap
2 eetlpl vars room
120g ongesoute botter, in blokkies gesny
seesout
witpeper

Verhit sallotte, witwyn en suurlemoensap in kastrol en laat prut totdat dit verminder het tot 4 eetlepels, druk deur sif en plaas terug in kastrol
Voeg room by en verhit totdat vloeistof begin borrel
Verlaag hitte en voeg botter blokkie vir blokkie by, klits aanhoudend
Verwyder van hitte en klits totdat sous verdik
Geur liggies met sout en peper en bedien met groente