Appelkoos En Hawermout Blokkies
Maak: 16-24 blokkies, na gelang van grootte
Jy kan die appelkose ook met dadels en neute vervang.
Bereiding: 20-25 min
Baktyd: 30 min...
Oond: 180 °C
Bestanddele:
330 ml (160 g) koekmeel
125 ml (100 g) sagte bruinsuiker
135 ml (115 g) strooisuiker
1 ml sout
5 ml bakpoeier
180 g ongesoute botter, koud en in
blokkies gesny
400 ml (130 g) hawermout
250 ml (80 g) klapper
750 ml (450 g) droë appelkose, gesnipper
80 ml appelkooskonfyt

Metode:
Voorverhit die oond. Smeer ’n bakplaat of koekpan van sowat 33 x 23 cm en voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit. Gooi die koekmeel, bruinsuiker, strooisuiker, sout, bakpoeier en botterblokkies in die bak van ’n voedselverwerker en pols totdat dit gemeng is en soos droë broodkrummels lyk. (Jy kan ook die droë bestanddele saam sif en die botter met jou vingerpunte daarby invryf.) Meng die hawermout en klapper by en skep dan ’n koppie van dié krummelmengsel uit en hou dit eenkant. Druk die orige mengsel in die voorbereide bakplaat vas sodat dit die bodem bedek.
Gooi die appelkose en 125 ml water in ’n kastrolletjie en verhit dit oor lae hitte tot kookpunt. Prut tot die vloeistof verdamp het en die appelkose sag is. Wag tot die mengsel heeltemal koud is en skep dit oor die deeglaag. Stip die konfyt oor die appelkose en krummel laastens die koppie krummelmengsel oor. Bak dit vir sowat 30 minute of totdat dit goudbruin en gaar is. Sny dit in skywe sodra dit afgekoel het.