Wednesday, 12 August 2015

VINNIGE BOEREWORSROLLE




VINNIGE BOEREWORSROLLE
• 6 porsies
Bestanddele...
600 g boerewors
800 g (2 x 400g rolle) skilferkorsdeeg
60 ml (4 e) blatjang
6 grasuie, fyn gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie
bietjie melk vir bo-oor

bietjie sesamsaad vir bo-oor
Metode
• Stel oond op 220 °C.
1 Draai boerewors na elke 12cm sodat dit individuele wors kan maak. Maak wors saam met bietjie water in kastrol gaar. Dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie, want dit word nog gebak.
2 Laat wors afkoel en sny in aparte stukke.
3 Rol skilferkorsdeeg oop en sny vierkante van12cm x 12cm groot.
4 Smeer vierkante met blatjang. Sprinkel grasuie en pietersielie bo-oor. Plaas boerewors bo-op.
5 Rol boerewors toe in skilferkorsdeeg en plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
6 Verf worsrolle met melk.
7 Sprinkel sesamsaad bo-oor. Bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op.