Wednesday, 12 August 2015

GLUTENVRYE PIESANG-EN-SJOKOLADE-MUFFINS




GLUTENVRYE PIESANG-EN-SJOKOLADE-MUFFINS
• 18 muffins
BESTANDDELE
312 ml (1¼ k) rysmeel...
15 ml (1 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
1 ml sout
100 g (1 plak) donkersjokolade met neute, grofgekap
125 g (¼ blok) botter

250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
60 ml (4 e) piesangmoes (ongeveer 1 groot piesang)
90 ml (6 e) sojamelk
2, 5 ml (½ t) vanieljegeursel
OPDIENING
sjokoladesmeer
botter
gekapte pekanneute (opsioneel)
• Stel oond op 180 °C
METODE
1 Sif rysmeel, kakao, koeksoda en sout saam in mengbak.
2 Roer gekapte sjokolade by meelmengsel en roer.
3 Room botter en suiker met elektriese klitser vir ongeveer 4 minute tot donserig.
4 Voeg eiers by en klits goed.
5 Roer piesangmoes, sojamelk en vanieljegeursel by bottermengsel.
6 Voeg gesifte meelmengsel by en roer tot deeg vorm.
7 Voer standaardmuffinpan met muffinpapiertjies uit.
8 Skep muffinpapiertjies bietjie meer as 2/3 vol met deeg.
9 Bak vir 12 tot 15 minute of tot toetspen skoon uitkom.
10 Opdiening Sit muffins met of sonder muffinpapiertjies voor. Bedien sjokoladesmeer of botter en gekapte neute (opsioneel) by