Wednesday, 26 August 2015

Spinasiemuffins





Spinasiemuffins

Die bereidingstyd is 30 minute, baktyd 40 minute

Bestanddele: 6 x 250 ml (6 k) koekmeelblom; 45 ml (3 e) bakpoeier; 15 ml (1 e) sout; 10 ml (2 t) droë gemengde kruie; 500-750 ml (2-3 k) gerasperde cheddarkaas of laevet-edamkaas; 2 bosse (300 g elk) spinasie, goed gewas, fyn gekap, gekook en die meeste vloeistof uitgedruk; 250 ml (1k) olie; 250 ml (1 k) melk; 250 ml (1 k) water en 6 eiers, geklits.

Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n paar muffinpanne met margarien of spuit met kossproei. Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak. Voeg die kaas en spinasie by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele by en meng. Skep die holtes van die muffinpanne driekwart vol en bak sowat 25 minute of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom. Voeg ’n bietjie meer water – sowat 100 ml – by die oorblywende deeg as dit moet staan terwyl jy wag om die volgende baksel in die oond te sit. Die mengsel raak styf as dit staan.