Tuesday, 25 August 2015

PLAATKOEKIE GENOT




PLAATKOEKIE GENOT
 RESEP
1 kop bruismeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
2 el wit suiker
200 ml melk
15 ml olie
1 eier



METODE
1. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.

2. Roer die suiker by die gesifte meel mengesel.

3. Klits eier, melk en olie saam en meng met die droëe bestanddele.

4. Klits die mengsel tot glad en laat rus vir
30 - 40 minute sodat die stysel korrels kan uitswel en jou beslag nog dikker kan word.

5. Voorverhit ‘n kleefwerende pan en drup lepels vol deeg op die warm pan.
Sodra daar borreltjies op die bokant verskyn en die koekie se kante verdubbel het in volume, kan jy die koekie draai.

6. Vir variasie spuit ek koekie drukkers met kleefwerende kos sproei en skep dan van die beslag in die drukkers wat in die warm pan geplaas word.
Sodra die bokant effens droog gebak en borreltjies op het, lig die koekie drukker versigtig op om dit te verwyder en draai die koekie om.
Hier is die koekie drukker dan nie meer nodig want die koekie sal nou sy vorm behou.

7. Bedien warm.

VARIASIE
1. Ek maak mooi ronde vormpies en dan bedien ek dit soos ‘n English muffin: spek, eier en kaas lagies of roer eier en spek lagie met tamatie skywe tussen in.

2. Nog 'n sout variasie is stukkies spek wat sommer so in die bakkende koekie gegooi word, as jy dit omdraai dan bak dit perfek, gooi dan maple stroop op, dit komplimenteer die spek wonderlik.

3. Jy kan stukkies vrugte soos granaat pitte in die beslag sit om 'n mooi kleurtjie te gee, enige soort bessie werk heerlik

4. Hier kan jy roomys tussen die 2 plaatkoekies bedien met ekstra sjokolade sous.