Wednesday 19 August 2015

Peer-en-papawersaadkoek met amandelversiersel




Peer-en-papawersaadkoek met amandelversiersel

Maak: 1 x 23 cm- vierkantige koek
Bereidingstyd:
45 minute
Baktyd:
50-60 minute
Oondtemperatuur:
170 ºC

• 200 g (220 ml) botter
• 300 g (350 ml) suiker
• 5 groot eiers
• 420 g (770 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 40 ml papawersaad
• 250 ml melk
• 250 ml vars peer, klokhuis verwyder en met die skil in blokkies gesny

Versiersel
• 150 g (165 ml) sagte botter
• 300 g (575 ml) versiersuiker
• 35-45 ml melk
• 1-2 druppels amandelgeursel
• geroosterde amandelvlokkies, vir versiering

1 Klits die botter en suiker saam tot dit lig en donsig is. Klits die eiers een-een by – klits dit goed ná elke byvoeging. Klits ook 30 ml meel by saam met die laaste eier.

2 Sif die meel, bakpoeier en papawersaad saam. Vou dit dan om die beurt met die melk by die bottermengsel in. Vou die peer in.

3 Gooi die beslag in ’n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 23 cm. Bak dit vir 50-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal dit uit die oond en laat dit vir 10 minute afkoel voor jy dit op ’n draadrak uitkeer en heeltemal laat afkoel.

4 Versiersel Klits die botter tot dit sag is. Klits die versiersuiker en melk bietjies-bietjies by. Voeg 1-2 druppels amandelgeursel by. Klits die versiersel tot dit glad is. Smeer dit oor die afgekoelde koek en sprinkle die amandels bo-oor.