Thursday, 27 August 2015

MAALVLEISBROODJIE MET SAMPIOEN, FETA EN SPEK





MAALVLEISBROODJIE MET SAMPIOEN, FETA EN SPEK  (Vrouekeur)
6 porsies

bietjie olie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
1 ui, fyn gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
750 g maer beesmaalvleis
1 eier
75 ml (5 e) ingedampte melk
1 skyf fetakaas, gekrummel
187 ml (¾ k) vars broodkrummels
2,5 ml (½ t) sout
knypie droë gemengde kruie
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

 Stel oond op 180 °C.

 1. Verhit olie en soteer spek. Skep uit en hou een¬kant.

 2. Soteer ui en sampioene in dieselfde pan tot net sag.

 3. Meng maalvleis, eier, melk, feta, krummels, sout en kruie. Voeg uimengsel by.

 Roer helfte van gebraai¬de spek by.

 4. Vorm broodjie en plaas in geskikte broodpan¬netjie.

 5. Bak vir 1 uur. Dreineer vet.

 6. Sprinkel kaas en oorblywende spek bo-oor. Plaas weer terug in oond vir 8 min.

 Bedien in skyfies.