Wednesday 19 August 2015

Die Lekkerste Koek Versiersels




Die Lekkerste Koek Versiersels:

Fudge Versiersel:
(maak 500 ml)
Smeer oor piesangbrood of cupcakes.
Kook suiker, botter en melk vroegtydig om af te koel.
Bestanddele:
187,5 ml sagte bruinsuiker
150 g (150 ml) botter
125 ml melk
500 ml versiersuiker
2,5 ml vanilla geursel
Metode:
Kook vir 3 min en laat heeltemal afkoel tot koud. Klop versiersuiker en vanilla by. Gooi klein bietjie melk by as versiersel te styf is. Sif bietjie kakao oor versiersel as dit oor koek, brood of cupcakes gesmeer is.

Nougat Versiersel:
125 ml sagte botter
500 ml versiersuiker
100 ml milky bar
100 ml nougat (gesmelt)
Klits botter en voeg versiersuiker, gesmelte nougat en sjokolade by en klits.

Wit Versiersel:
1 k wit suiker
1/3 k water
1/4 t kremetart
2 eierwitte
1 t vanilla
Meng suiker, water en krematart in kastrol en roer tot suiker opgelos is.
Kook tot mengsel borrel en draadjies trek as jy n bietjie met n teelepel skep.
Klits eierwitte en vanilla tot sagte punte stadium. Gooi suiker mengsel stadig by terwyl geklits word. Klits tot baie dik - 10 min.

Roomkaas Versiersel
4 x 230 g Lancewood roomkaas
320 g versiersuiker gesif
5ml vanieljegeursel
Meng die roomkaas en vanielje liggies tot glad en voeg die versiersuiker by. Roer vinnig deur maar moenie oormeng nie. Hou in yskas tot benodig.
Ek het al 'n blok wit sjokolade gesmelt en bygeklits dat dit 'n stewiger versiersel maak, heerlik!

Romerige Versiersel
180 g strooisuiker
1 groot eierwit
knypie kremetart
30 ml kookwater
Meng alles in glasbak. plaas oor n kastrol met kookwater. Klits met n elektriese handklitser tot dik en glansend.
Genoeg om 2 laag koek heeltemal te bedek.

Nougat Versiersel
125 ml sagte botter
500 ml versiersuiker
100 ml milky bar
100 ml nougat (gesmelt)
Klits botter voeg versiersuiker, gesmelte nougat en sjokolade by en klits.

Wenke Vir Die Maak Van Botter Versiersel Juanita Riley
Vir die van julle wat gevra het oor die versiersel wat ek gebruik het op die cupcake, dit is gewone buttercream icing:
½ koppie botter
3-4 k gesifte versiersuiker
vanilla geursel
bietjie melk
Ek dink die geheim is om die botter goed te klop voor die tyd (ek klop dit maklik so 3 minute) dit maak die icing baie fluffy.
Die botter moet eindelik wit wees van al die klits. Voeg dan die versiersuiker bietjie-vir-bietjie by en klop goed na elke byvoeging. Meng vanilla geursel by en sowat ‘n eetlepel melk en meng goed.