Friday 14 August 2015

BLOMKOOL KAASSTOKKIES




BLOMKOOL KAASSTOKKIES
Hierdie resep lyk net te lekker vir woorde. En dis doodmaklik om te maak....
1 groot blomkool (ongeveer 850 g)
4 eiers
225 g gerasperde mozarella
15 ml droë origanum
4 knoffelhuisies, fyngemaak
sout en peper na smaak
225 g gerasperde mozarella vir bo-oor sprinkel
Voorverhit die oond tot 220ºC. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende middel. Breek die blomkool in stukkies en plaas in 'n voedselverwerker. Kap dit fyn tot dit soos ryskorrels lyk. Skep die blomkool uit in 'n glasbak en bedek met kleefplastiek. Mikrogolf vir 10 minute op hoog. Skep die blomkool uit in 'n mengbak en meng die eiers, 225g mozarella, origanum en knoffel by. Geur na smaak met sout en peper en meng goed. Plaas die mengsel op die voorbereide bakplaat en vorm dit in 'n plat ovaalvorm. Bak vir 25 minute tot goudbruin. Verwyder uit die oond, sprinkel die oorblywende mozarella oor en plaas terug in die oond vir 5-10 minute tot die kaas gesmelt het. Sny in skywe voor opdiening.
12 Skywe * Per Skyf * 634kJ * Total Fat 10g * Protein 12g *
Total Carbs 4.7g * Net Carbs 2.2g