Friday 10 July 2015

WASGOEDBONDELTJIES




WASGOEDBONDELTJIES
3 kop. meelblom.
1 eier.
sout....
113 g. ( 1/4 lb. ) margarien.
1 tl. bakpoeier.
kouewater.

Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by
meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit
vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin
in olie.
Vleisvulsel :
250 g. ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis.
1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 tl. )
2 tl. olie.
gekapte pietersielie.
1 tl. kerrie.
1/2 ui gerasper.
Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.