Wednesday 8 July 2015

MA SE SMELT-IN-DIE-MOND-ROOIFLUWEELKOEK




MA SE SMELT-IN-DIE-MOND-ROOIFLUWEELKOEK
11⁄4 k Snowflake Self Raising Flour
3⁄4 k suiker
1⁄2 t koeksoda ...
1⁄2tsout
1 e kakaopoeier
3⁄4 k kookolie
1⁄2 k karringmelk
1 eier

1 e rooi voedselkleursel
1⁄2twitasyn
1 t vanielje
Vir die versiersel
1 k dubbeldik room
1 k mascarponekaas, by kamertemperatuur
1⁄2 k versiersuiker, gesif
1. Sif die meel, suiker, koeksoda, sout en kakaopoeier saam en meng goed.
2. Klits die olie, karringmelk, eier, voedselkleursel, asyn en vanielje in ’n aparte bak saam.
3. Meng teen matige spoed en voeg die droë bestanddele geleidelik by die nat bestanddele tot net gemeng.
4. Bak teen 180 ̊C vir 30 tot 40 minute of totdat ’n tandestokkie skoon uitkom.
5. Maak die versiersel: Stel ’n elektriese menger op matige spoed en klop die room totdat dit stywe punte vorm. Klop die mascarpone en versier- suiker in ’n ander bak tot glad. Vou die room versigtig by die mascar- ponemengsel in tot deeglik gemeng.
6. Laat die koek heeltemal afkoel voordat jy dit versier.