feespap
Genoeg vir 6-8 Mense
Bereiding: 30 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.
500 ml (2 k) mieliemeel
5 ml (1 t) olyfolie
2 uie, gekap
250 g spek, in stukkies gesny
250 g sampioene, gekap
175 g biltongroomkaas
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.
- Maak die mieliepap gaar volgens die aanwysings op die pak en laat afkoel.
- Verhit die olie in ’n pan en braai die uie en spek tot die spek bros is. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Meng die roomkaas deur.
- Skep ’n laag pap in die bak, gevolg deur ’n laag sampioenmengsel. Herhaal tot alles op is en eindig met ’n paplaag.
- Sprinkel die kaas oor en bak sowat 20 minute tot die kaas gesmelt het.