Tuesday 2 June 2015

Whoopie-koekies




Whoopie-koekies

Maak: omtrent 30
Bereidingstyd:
20 minute
Baktyd:
5-7 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 1 groot eier
• 80 ml sonneblomolie
• 210 g (250 ml)
• suiker
• koskleursel van jou keuse
• 190 ml melk
• 5 ml vanieljegeursel
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier

Vulsel
• 20 ml sagte botter
• 60 g roomkaas, teen kamertemperatuur
• 60 g (120 ml) versiersuiker, gesif

1 Klits die eier en olie saam tot dit lig van kleur is. Klits die suiker geleidelik by. Klits laastens die koskleursel van jou keuse, die melk en vanieljegeursel by.

2 Sif die meel, bakpoeier en 1 ml sout saam in ’n aparte bak. Vou die meelmengsel geleidelik by die eiermengsel in.

3 Voer ’n bakplaat met bakpapier. Skep klein sirkels van die beslag op die bakpapier en los genoeg ruimte tussen elkeen.

4 Bak dit vir vyf minute in die verhitte oond, of tot dit ferm is en die koekie terugbons as jy daaraan raak. Lig dit van die bakplaat af en laat dit heeltemal afkoel op ’n draadrak.

5 Vulsel Klits die botter tot glad. Roer die roomkaas en versiersuiker by – net ’n halwe koppie op ’n slag – tot dit glad en romerig is. Moenie dit te veel meng nie, anders sal die versiersel loperig word.

6 Plak die whoopie-koekies saam met die versiersel. Bedek dit en hou dit in die yskas tot jy dit gaan voorsit.