Sunday, 7 June 2015

Oondgebraaide Dikrib



Zelda Geldenhuys Griessel

Oondgebraaide Dikrib (short-rib) ~ hemels !!
2 kg Dikrib (short rib) lekker dik stukke
Handvol gewaste klein aartappels, met skil aan
...
SOUS
2 groot uie, fyn gekap
6 knoffel, gekneus
bietjie olie
eetlepel botter
koppie tamatiesous (allgold)
3 el worcestersous
3 el soyasous
3 el asyn
koppie water
3 el heuning
lekker teelepel mosterd – dijon -
knypie sout
1 tl mosterdpoeier
Voorverhit oond na 180°C
Braai ui en knoffel tot deurskynend in olie.
Voeg sous bestanddele by bring tot kookpunt, draai hitte as en prut alles saam vir 5min
Plaas vleis in gesmeerde oondpan sit botter bo en tussen vleisstukke.
Giet nou die sous oor vleis.
Maak pan weer toe met foelie, bak by 180°C vir 1 uur
Haal nou versigtig foelie af, sit klein aartappels by, gooi sout en peper Bedek weer met foelie, en vir nog 1uur by 160 °C, haal foelie af, en bak tot aartappels en vleis lekker bruin gebraai is..
Bedien met lekker sagte wit rys en groente of vars heerlike gebakte broodjie