Tuesday 30 June 2015

Mexikaanse pitas




Mexikaanse pitas
Genoeg vir 4
Tyd: 40 minute
BESTANDDELE
  • 30 ml olyf- of avokado-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 2 wortels, geskil en gerasper
  • 500 g beesmaalvleis
  • 2 x 410 g-blikke Mexikaanse styl tamaties
  • 1 x 400 g-blik Goldcrest rooi nierbone, gedreineer
  • ’n hand vol koljanderblare, gekap
  • 4 pitabroodjies, middeldeur gesny
     
METODE
  1. Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ’n kastrol en braai die uie, knoffel en wortels 5 minute tot sag. Geur en plaas eenkant.
  2. Verhit die oorblywende olie in dieselfde kastrol en braai die maalvleis 5-10 minute tot bruin. Voeg die uiemengsel, tamaties en bone by en laat 15 minute prut.
  3. Voeg die koljander by en skep die mengsel in die pitabroodjies.