Tuesday 2 June 2015

Mari-Louis deel nuwe neigings




Mari-Louis deel nuwe neigings

Koekedoor-beoordelaar Mari-Louis Guy is bekend as baasbakker en voedselstilis, en daarom hou sy haar oog op neigings in die koswêreld. In hierdie week se episode moet die Koekedore speel met die trendy koekeloerkoek, en ons het by Mari-Louis gaan hoor wat is nou in die mode.
  • Vereenvoudigde gebak soos naakte koeke (koeke sonder versiersel en wat andersins minimaal versier is), rustic koeke wat meer soos brood lyk, en ’n fokus op eenvoudige bestanddele soos goeie graan.
  • Heel aan die ander kant van die spektrum kan jy ’n bietjie speel met uitspattige, teatrale gebak. Dink voedselkleursel, eetbare blinkers (glitter) en indrukwekkende laagkoeke soos die Belgiese merveilleux.
  • ’n Mens kan nooit verkeerd gaan met retro in die kombuis nie. Kikker jou ma en ouma se staatmakerresepte op met nuwe idees, en gebruik daardie jellievorm om iets soos ’n kleurvolle Steri Stumpie-jelliekoek te maak.
  • Probeer ongewone geurkombinasies, soos skemerkelkiekoeke of sout smake by soet gebak.
  • Eclairs en choux-deeg trend al van 2013 af; eers in helder kleure en nou ook met sout gebak is daar ’n speling met groottes. Dit word ook gebruik as “toebroodjies” (byvoorbeeld geroosterde bief met mosterd en roket). Voorheen is eclairs met slagroom of bakkersvla gevul, nou word geure soos kaaskoe vulsel, tiramisu en whiskeyroom gebruik. Soos die koffie-trends nog steeds aangaan het die koffiebakkersvla gelei tot cappucino en sterk espressogeure.