Friday, 5 June 2015

Maklike nagereg met net 3 bestandele





Maklike nagereg met net 3 bestandele
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies..., 'cream crackers' of vingerkoekies
250ml room (styfgeklop)

Pak tennisbeskuitjies onder in bak
Smeer jou 1ste laag poeding
Pak weer beskuitjies
Smeer 2de laag beskuitjies
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is. Jy kan soveel lae pak soos jy wil
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag
Voor opdiening;
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi sjokolade stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper of sjokolade sous
Wenk: Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv. vanilla, butterscotch en piesang. Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Gooi bietjie Old brown sherry oor die koekies ook indien verkies.