Thursday 4 June 2015

Maak Franse roosterbrood met ‘n verskil




Maak Franse roosterbrood met ‘n verskil
Julle het nodig
•4 snye brood
•3 eiers
•¼ k melk
•2 k (500 ml) graanvlokkies
•botter
Maak so
1.Sny elke sny brood in 2 driehoeke.
2.Pak die brood in ’n bak.
3.Breek die eiers in ’n ander bak.
4.Voeg die melk by die eiers. Meng goed met ’n vurk.
5.Giet die melkmengsel oor die brood in die bak. Draai die brooddriehoeke met ’n spaan om om seker te maak albei kanteis deeglik in die eier gedoop.
6.Plaas die graanvlokkies in ’n plastieksak, maak dit goed toe en maak die vlokkies fyn deur met ’n koekroller daaroor te rol.
7.Gooi die graanvlokkies in ’n vlak bakkie.
8.Plaas die botter in ’n pan.
9.Verhit dit oor matige hitte tot die botter gesmelt het.
10.Haal die brood uit die eiermengsel met die eierspaan en plaas dit op die graanvlokkies. Draai om sodat albei kante deeglik met graanvlokkies bedek is.
11.Plaas die driehoeke nou in die gesmelte botter en braai dit sowat 4 minute tot bruin onder. Draai dit met die spaan om en braai 4 minute aan die ander kant tot ook goudbruin.
12.Sit dit dadelik voor met stroop of gebraaide spek.
(Huisgenoot)