Thursday 18 June 2015

Liz se konkok (Kool en spekgereg)



Liz se konkok (Kool en spekgereg)

Bestanddele

1 ui
1 pakkie spek, gesnipper (of 1 gerookte wors, gesnipper)
olie
1½ koppie kool, gesnipper
1 koppie rou rys
hoenderekstrak, opgelos in 2 koppies water
Metode
Braai ui en spek in olie totdat die uie deurskynend is.
Voeg die kool en rou rys by, en roer goed.
Voeg die hoenderekstrak by.
Kook totdat rys gaar is.