Thursday, 25 June 2015

Gebakte Karamelpoeding




Gebakte Karamelpoeding
Ook bekend as sticky toffee pudding. Heerlik!
4 – 6 Porsies
...
• 100 g (80 ml) bruinsuiker
• 175 g (300 ml) bruismeel
• 125 ml melk
• 1 eier
• 5 ml vanieljegeursel
• 50 g (50 ml) botter, gesmelt
• 150 g karamelblokkies, gehalveer
Sous:
• 200 g (250 ml) bruinsuiker
• 30 g (30 ml) botter
• 500 ml kookwater
1. Verhit oond tot 190 °C.
2. Smeer ’n langwerpige oondbak van sowat 27 x 20 cm met botter.
3. Meng bruinsuiker en meel in ’n groot mengbak.
4. Klits melk, eier, vanieljegeursel en gesmelte botter saam.
5. Voeg vloeibare mengsel by die meelsuikermengsel en meng goed met ’n houtlepel.
6. Vou karamelblokkies in beslag en giet in die oondbak.
Sous:
1. Sprinkel 200 g bruinsuiker oor en stip met 30 g botter.
2. Giet kookwater oor.
3. Bak vir 40 – 45 minute.
Sit voor met roomys.