Boerewors-jafels
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.
VULSEL
15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g boerewors, uit die derm gedruk
2 houers (65 g elk) tamatiepasta
1 blik (410 g) tamaties, gekap
5 ml (1 t) fyn kaneel
2 brandrissies, gekap
80 ml (¹⁄₃ k) fyn gekapte koljander en/of pietersielie
skil van 1 suurlemoen
knippie suiker
sout en peper na smaak
JAFELS
8 snye witbrood
botter
- Vulsel Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die worsvleis by en braai tot gaar en bruin.
- Voeg die res van die bestanddele by, verlaag die hitte en laat prut sowat 20 min. tot die sous geurig is.
- Jafels Spuit ’n jafelpan goed met kossproei.
- Skep 45-60 ml (3-4 e) van die vulsel tussen twee snye brood. Plaas in die pan, vou toe en braai tot goudbruin.