Thursday 28 May 2015

Vinnige tunatert




Vinnige tunatert

Genoeg vir: 4

Baktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 300 ml gerasperde cheddar
• 4 snye brood sonder korsies, in klein stukkies gebreek
• 30 ml botter
• 250 ml melk

• 1 blik tuna in water, gedreineer
• 2 groot eiers
• 1 groot ui, gerasper
• 5 ml bakpoeier
• aartappelwiggies en slaai om voor te sit

1 Hou ’n kwart van die kaas eenkant en meng dan die res van die tertbestanddele, behalwe die bakpoeier, in ’n kastrol.

2 Kook die mengsel vir ’n paar minute oor ’n lae hitte en roer dit aanhoudend.

3 Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in ’n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies. Sprinkel die kaas wat jy uitgehou het, oor en bak dit in die oond vir 15 tot 20 minute of tot gestol. Sit die tert voor met aartappelwiggies en slaai.