Friday 15 May 2015

Tamatiebredie




Tamatiebredie
2 groot uie, gekap
 2 ml pepperkorrels
 2 ml gemaalde naeltjies
 125 ml water
 25 ml kookolie
 2 stokke kaneel
 1 kg lamsvleis
 1 eetlepel vars gemmer (gemaal)
 2 kardamom-peule
 1 kg ryp tamaties (of drie blikke), fyn gekap
 1 groen brandrissie, gekap
 4 middelmatige aartappels (geskil en gehalveer)
 sout, pepper en suiker na smaak
 gekapte pietesielie vir garnering
1. Plaas die uie, pepperkorrels, naeltjies en water in ‘n groot pot en laat dit prut tot al die water geabsorbeer is.
 2. Voeg die olie en kaneel by en laat dit braai tot die uit goudbruin is.
 3. Voeg die vleis, gemmer en kardamom peule by en roer goed.
 4. Draai die hitte laer en bedek die pot met ‘n stewige deksel.
 5. Laat dit prut vir sowat 30 minute.
 6. Voeg die brandrissie en tamaties by.
 7. Laat dit weer prut vir 20 minute.
 8. Voeg laastens die aartappels, sout, ‘n knippie suiker en die varsgemaalde pepper by na smaak. Garneer die gereg met die varsgekapte pietersielie.