Monday 18 May 2015

Growwe groentesop met spek




Growwe groentesop met spek
Genoeg vir 4-6 mense
olie vir braai
250 g spek of gerookte varkvleis, grof gesny...
1, 5 L (6 k) groenteaftreksel
4 selderystingels, fyn gekap
1 ui, in blokkies gesny
2 wortels, in blokkies gesny
1 patat, gerasper en in blokkies gesny
1 blik (400 g) botterbone, gedreineer

sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml vars kruie (pietersielie, tiemie, koljander en basiliekruid) fyn gekap
100 ml gerasperde parmesaankaas
Verhit die olie en braai die spek of varkvleis ’n paar minute tot gaar en geurig in ’n groot kastrol.
Giet die groenteaftreksel by die spek of varkvleis.
Voeg die seldery, ui, wortels en patat by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, plaas ’n deksel op en laat prut sowat 20 minute.
Voeg die botterbone by en laat prut nog 10 minute.
Geur met sout en peper.
Maak die sop gedeeltelik fyn met ’n staafmenger sodat dit steeds ’n growwe tekstuur het.
Roer die vars kruie by die sop.
Skep teelepels vol van die gerasperde kaas in klein hopies op ‘n gesmeerde bakplaat.
Verprei die kaas effens en rooster dit onder die roosterelement.
Laat rus die koekies ‘n minuut en trek dit van die bakpapier af.
Skep die sop in bakkies en sit ‘n paar parmensaankoekies bo-op die sop.