Thursday 28 May 2015

Smartie-bruintjies




Smartie-bruintjies
Lewer 12
Bereiding: 10 min....
Bak: 30 min.

85 g botter
225 g donker sjokolade
160 ml (⅔ k) strooisuiker
2 eiers
15 ml (1 e) kakaopoeier
45 ml (3 e) mieliemeelblom
125 ml (½ k) Smarties
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 19 cm-vierkantige pan met bakpapier uit sodat die kante van die pan tot by die rand bedek is.
2.Smelt die botter en sjokolade saam in ’n bak oor ’n kastrol water oor lae hitte en roer aanhoudend tot glad.
3.Verwyder van die hitte en roer eers die strooisuiker in en dan die eiers een-een.
4.Sif die kakaopoeier en mieliemeelblom in ’n bakkie en roer dan by die sjokjolademengsel in. Klits die mengsel minstens ’n minuut met mening tot amper glad.
5.Giet die beslag in die voorbereide pan. Strooi Smarties oor en bak 30 minute of tot die bruintjies net geset in die middel voel. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal en sny.