Thursday 28 May 2015

Sjokolade-malvapoeding



Sjokolade-malvapoeding

GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

Kakao gee dié Suid-Afrikaanse gunsteling ’n heerlike kinkel.
POEDING
400 ml suiker
80 g botter
2 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) koekmeel
7 ml (1½ t) koeksoda
10 ml (2 t) bakpoeier
50 ml (40 g) kakaopoeier
500 ml (2 k) melk
30 ml (2 e) asyn
40 ml (8 t) appelkooskonfyt
SOUS
150 g botter
300 ml room
180 ml (¾ k) suiker

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak of spuit dit met kossproei.
  1. POEDING Klop die suiker en botter sowat 5 minute in ’n mengbak tot romerig. Klits die eiers by en klits die hele mengsel goed.
  2. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kakao in ’n aparte mengbak.
  3. Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ’n aparte mengbak. Voeg dit en die droë bestanddele beurtelings by die romerige eiermengsel.
  4. Meng alles baie goed en giet in die bereide oondbak. Bak sowat 30 minute of tot gaar.
  5. SOUS Meng intussen die sousbestanddele in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat sowat 3 minute prut.
  6. Giet die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit dit voor saam met roomys en vrugtepuree.